Dinsdag 14 Oktober 2014
Maak 'n verskil
Hallo daar vriende.
Ek het hierdie hele proses so baie geniet dat dit vir my eintlik moeilik is om te aanvaar dat dit tot ʾn einde kom.
Ek is baie lief vir Kaapstad; sy mense, hul smart en vreugde. Dit verenig ons op ʾn manier wat jy in geen ander plek sal vind nie.
Dis om hierdie rede wat ek besluit het om ʾn onderwyseres te word. Ek vind dit vreugdevol om met kinders te werk. Hul jong gesiggies wat met soveel onskuld oopgaan vir nuwe ervaringe, waarvan ek ʾn deel kan wees.Dit maak my skoon opgewonde as ek dink aan hoe ek deel daarvan kan wees.
Dis my verlange om bydrae te lewer om ons stad ʾn plek van bevordering te maak. Ek wil ʾn burger wees wat volhard bydra tot die vooruitgang van ons land en glo dat dit begin met die liefdevolle opvoeding van ons jonger generasie.
Ek hoop dat al beïnvloed ek slegs een kindjie se lewe op ʾn positiewe manier, dit ʾn rippel effek sal afgee wat baie ander sal aanraak.
Gedurende hierdie proses het ek so baie van myself en hierdie land kom leer en ek is so trots om ʾn Kapenaar te wees
Maak ʾn kleurvolle verskil, my smartieboks vriende
Sondag 05 Oktober 2014
“Braai vir erfenis”
Amerikaners vier
Danksegging (Thanksgiving), Suid- Afrikaners vier Erfenisdag (24 September),
meer bekend as “Nasionale Braai Dag” en jy hoef nie ̉n kapenaar twee keer te vra om makietie te
hou nie, vir partytjie hou is ons nou maar eenmal bok.
Nou as jy ̉n kapenaar is (of lank genoeg hier woon dat jy een
gedoop kan word) sal jy verstaan dat ons nie
̉n spesifieke dag mekeer om te braai nie, ons doen dit sommer enige tyd,
maar om af te kry van jou werk om te braai; nou dit noem ons kaaps... ha! ha!
ha! ha!
Hierdie jaar het my
familie die aand voor die tyd al begin voorberei vir die dag. Ma was in die
kombuis besig om te besluit watter slaaie sy gaan maak, pa het die rooster
skoon gemaak, ons meisies het besluit watter klere ons gaan aantrek en boetie
het hom heel dag skaars gehou en enige werk vermy natuurlik.
vis braai |
vleis braai |
Die volgende dag
het Ma gou-gou stop gesit aan ons lyfwegsteek van werk.Almal jonk en oud het
bymekaar gekom as familie om ons erfenis te vier terwyl die kole rooi skyn en
sappige tjoppies lekker daaroor sis.
Ouma kon nie genoeg
praat oor die goeie ou- dae toe sy nog jonk was, en hoe anders die lewe nou
is nie. Pa en oom Samuel het heeltyd sokker gepraat terwyl die vrouens hard besig
was in die kombuis. Die gelag het al hoe harder gerword toe Ma begin dans en
Ouma ook inspring. Later het ons bure kom kuier en deel geneem aan die gesprek
wat toe ernstig om politiek draai, terwyl ons jonklomp kaart speel.
En terwyl ek so
gestaan het saam my familie en vriende, lag en spot oor alledaagse kattekwaad
het ek besef dat dit dae soos hierdie was wat ons erfenis vir die toekoms bou.
Maandag 29 September 2014
Kaapstad- ons Eden op aarde?
Bo-Kaap |
Dit is in plekke
soos Manenberg waar ou-Amerikaanse flieke ʾn realiteit word. Lus vir ʾn
“vuurwarm” Sondag diens waar jy kring-dans en die pastoor jou op jou naam
groet? Na kerk sal jy die ouderling of selfs die pastoor op ʾn fiets sien ry
oppad om die siek mense te besoek.
Manenberg |
Swaarkry ken hierdie mense en sal die kinders gou-gou winkel toe stuur vir ʾn R1 pakkie suiker om jou ʾn lekker soet koppie tee te maak.
Een van vele huis-winkels |
In Langstraat kan
jy dit eershands beleef as jy skrikkerig is vir “huisbesoek”J. Hier rinkink
al Kaapstad se mense enige tyd van die dag rond. Verskeie lande lok jou na hul
restuarant deure en jy kan na ʾn verskillende land reis deur slegs deur ʾn deur
te loop.
Dubliner- Ierse Pub |
Mama Afrika |
Afrika mementos |
Uitkyk vanaf Tafelberg |
Kinders baljaar in die water na 'n warme inkopietog by die V&A Waterfront |
Maandag 22 September 2014
Bekendstelling
ʾn
Hartlike welkom aan al julle trotse liefhebbers van Kaapstad en diegene want slegs nuuskierig
is oor ons Moederstad, ons neem julle sommer ook graag aan.
Tafelberg |
My naam is Amanda
Claassen en ek is ‘n trotse Kapenaar (met al vier voor tande nog behoue), gebore
en getoë met ‘n liefde vir sy mense, kulture, kos, kleure, geure, rasse en als
kaaps.
Bo- Kaap se veelkleurige huisies |
Daar is geen
ander plek op aarde soos Kaapstad. Op hierdie klein stukkie land aan die punt
van Afrika, laat dit my sommer aan smarties in sy smartieboks dink. Daar is so
baie te ervaar en deel van te wees dat ek hierdie geleentheid met albei hande, voete, tien vingers en tone aangryp om
my liefde vir Kaapstad en sy mense met julle te deel. En nie die Kaapstad wat
jy in die nuus of op brosure en plakkate in reisagent kantore sien nie, maar
die ware hartklop en pols van hierdie stad.
Ek raak sommer opgewonde as ek dink aan die lekker gesprekies wat ons nog gaan het, maar eers genoeg vir nou.
Tot volgende keer my trotse Kaapse smarties, eet maar lekker aan als kaaps.
Smartieboks groete, tot volgende keer...
'n Kleurvolle nasie |
Saterdag 06 September 2014
Teken in op:
Plasings (Atom)