Maandag 22 September 2014

Bekendstelling

ʾn Hartlike welkom aan al julle trotse liefhebbers van Kaapstad en diegene want slegs nuuskierig is oor ons Moederstad, ons neem julle sommer ook graag aan.


Tafelberg
My naam is Amanda Claassen en ek is ‘n trotse Kapenaar (met al vier voor tande nog behoue), gebore en getoë met ‘n liefde vir sy mense, kulture, kos, kleure, geure, rasse en als kaaps.
 

Bo- Kaap se veelkleurige huisies
 
Daar is geen ander plek op aarde soos Kaapstad. Op hierdie klein stukkie land aan die punt van Afrika, laat dit my sommer aan smarties in sy smartieboks dink. Daar is so baie te ervaar en deel van te wees dat ek hierdie geleentheid met albei  hande, voete, tien vingers en tone aangryp om my liefde vir Kaapstad en sy mense met julle te deel. En nie die Kaapstad wat jy in die nuus of op brosure en plakkate in reisagent kantore sien nie, maar die ware hartklop en pols van hierdie stad.
 
Ek raak sommer opgewonde as ek dink aan die lekker gesprekies wat ons nog gaan het, maar eers genoeg vir nou.

Tot volgende keer my trotse Kaapse smarties, eet maar lekker aan als kaaps.

Smartieboks groete, tot volgende keer...

'n Kleurvolle nasie

 

1 opmerking:

  1. Ek is sommer lus om jou 'blog' te lees!

    Let asb. op die volgende:
    1. als kaaps. - alles wat Kaaps is.
    2. Daar is geen ander plek op aarde soos Kaapstad - Daar is geen ander plek op aarde soos Kaapstad nie.
    3. baie te ervaar - baie om te ervaar
    4. gesprekies - gesprekke

    AntwoordVee uit