Dinsdag 14 Oktober 2014

Maak 'n verskil

Hallo daar vriende. Ek het hierdie hele proses so baie geniet dat dit vir my eintlik moeilik is om te aanvaar dat dit tot ʾn einde kom. Ek is baie lief vir Kaapstad; sy mense, hul smart en vreugde. Dit verenig ons op ʾn manier wat jy in geen ander plek sal vind nie. Dis om hierdie rede wat ek besluit het om ʾn onderwyseres te word. Ek vind dit vreugdevol om met kinders te werk. Hul jong gesiggies wat met soveel onskuld oopgaan vir nuwe ervaringe, waarvan ek ʾn deel kan wees.Dit maak my skoon opgewonde as ek dink aan hoe ek deel daarvan kan wees. Dis my verlange om bydrae te lewer om ons stad ʾn plek van bevordering te maak. Ek wil ʾn burger wees wat volhard bydra tot die vooruitgang van ons land en glo dat dit begin met die liefdevolle opvoeding van ons jonger generasie. Ek hoop dat al beïnvloed ek slegs een kindjie se lewe op ʾn positiewe manier, dit ʾn rippel effek sal afgee wat baie ander sal aanraak. Gedurende hierdie proses het ek so baie van myself en hierdie land kom leer en ek is so trots om ʾn Kapenaar te wees Maak ʾn kleurvolle verskil, my smartieboks vriende

1 opmerking:

  1. Ek het jou "blog" baie geniet. Met so 'n uitkyk gaan jy eendag 'n baie goeie onderwyseres wees. Dankie vir die moeite en sterkte met die eksamen!

    AntwoordVee uit