Dinsdag 14 Oktober 2014
Maak 'n verskil
Hallo daar vriende.
Ek het hierdie hele proses so baie geniet dat dit vir my eintlik moeilik is om te aanvaar dat dit tot ʾn einde kom.
Ek is baie lief vir Kaapstad; sy mense, hul smart en vreugde. Dit verenig ons op ʾn manier wat jy in geen ander plek sal vind nie.
Dis om hierdie rede wat ek besluit het om ʾn onderwyseres te word. Ek vind dit vreugdevol om met kinders te werk. Hul jong gesiggies wat met soveel onskuld oopgaan vir nuwe ervaringe, waarvan ek ʾn deel kan wees.Dit maak my skoon opgewonde as ek dink aan hoe ek deel daarvan kan wees.
Dis my verlange om bydrae te lewer om ons stad ʾn plek van bevordering te maak. Ek wil ʾn burger wees wat volhard bydra tot die vooruitgang van ons land en glo dat dit begin met die liefdevolle opvoeding van ons jonger generasie.
Ek hoop dat al beïnvloed ek slegs een kindjie se lewe op ʾn positiewe manier, dit ʾn rippel effek sal afgee wat baie ander sal aanraak.
Gedurende hierdie proses het ek so baie van myself en hierdie land kom leer en ek is so trots om ʾn Kapenaar te wees
Maak ʾn kleurvolle verskil, my smartieboks vriende
Sondag 05 Oktober 2014
“Braai vir erfenis”
Amerikaners vier
Danksegging (Thanksgiving), Suid- Afrikaners vier Erfenisdag (24 September),
meer bekend as “Nasionale Braai Dag” en jy hoef nie ̉n kapenaar twee keer te vra om makietie te
hou nie, vir partytjie hou is ons nou maar eenmal bok.
Nou as jy ̉n kapenaar is (of lank genoeg hier woon dat jy een
gedoop kan word) sal jy verstaan dat ons nie
̉n spesifieke dag mekeer om te braai nie, ons doen dit sommer enige tyd,
maar om af te kry van jou werk om te braai; nou dit noem ons kaaps... ha! ha!
ha! ha!
Hierdie jaar het my
familie die aand voor die tyd al begin voorberei vir die dag. Ma was in die
kombuis besig om te besluit watter slaaie sy gaan maak, pa het die rooster
skoon gemaak, ons meisies het besluit watter klere ons gaan aantrek en boetie
het hom heel dag skaars gehou en enige werk vermy natuurlik.
vis braai |
vleis braai |
Die volgende dag
het Ma gou-gou stop gesit aan ons lyfwegsteek van werk.Almal jonk en oud het
bymekaar gekom as familie om ons erfenis te vier terwyl die kole rooi skyn en
sappige tjoppies lekker daaroor sis.
Ouma kon nie genoeg
praat oor die goeie ou- dae toe sy nog jonk was, en hoe anders die lewe nou
is nie. Pa en oom Samuel het heeltyd sokker gepraat terwyl die vrouens hard besig
was in die kombuis. Die gelag het al hoe harder gerword toe Ma begin dans en
Ouma ook inspring. Later het ons bure kom kuier en deel geneem aan die gesprek
wat toe ernstig om politiek draai, terwyl ons jonklomp kaart speel.
En terwyl ek so
gestaan het saam my familie en vriende, lag en spot oor alledaagse kattekwaad
het ek besef dat dit dae soos hierdie was wat ons erfenis vir die toekoms bou.
Teken in op:
Plasings (Atom)